Jakobus II en VII | |
---|---|
Koning van Engeland, Ierland en Skotland | |
Koning Jakobus II deur sir Godfrey Kneller.
| |
Huis | Stuart |
Regeer | 6 Februarie 1685 – 11 Desember 1688 |
Voorganger | Karel II |
Opvolger | Willem III & II en Maria II |
Eggenote | Anne Hyde Maria van Modena |
Kinders | Maria II Anna James FitzJames, 1ste Hertog van Berwick Jakobus Francis Eduard, Prins van Wallis Louisa Maria Teresa |
Gebore | 14 Oktober 1633; Sint James-paleis, Londen |
Oorlede | 16 September 1701; Saint-Germain-en-Laye, Frankryk |
Vader | Karel I |
Moeder | Henrietta Maria van Frankryk |
Jakobus II en VII (Engels: James; 14 Oktober 1633 – 16 September 1701) was van 6 Februarie 1685 af koning van Engeland en Ierland as Jakobus II en koning van Skotland as Jakobus VII. Hy is die laaste Katolieke koning wat oor dié lande regeer het. Van Jakobus se onderdane was ontevrede met sy godsdienstige beleidrigtings en dit het daartoe gelei dat hy in die Glorieryke Rewolusie van die Engelse troon afgesit is nadat hy landuit gevlug het. Hy is nie deur sy Katolieke seun, Jakobus Francis Eduard, opgevolg nie, maar deur sy Protestantse dogter Maria II en sy skoonseun Willem III wat van 1689 saam regeer het as "Willem en Maria". Jakobus het daarna tot met sy dood onder die beskerming van sy neef en bondgenoot koning Lodewyk XIV in Frankryk gewoon.